LPM Jeug stig Jeugbestuursforum, vir politieke verandering

Loading player...
Die LPM se nasionale jeug-element het sy eerste Jeugbestuursforum van stapel gestuur, wat jongmense as sleuteldrywers van demokratiese transformasie posisioneer. Die party sê die forum is daarop gemik om politieke verandering te dryf deur 'n onder-na-bo-benadering, waar jongmense aktief kan deelneem aan die implementering van die party se agenda. Kosmos 94.1 Nuus het met leier van die LPM Jeug, Duminga Ndala gepraat, wat meer inligting gee.
1 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Baynes-waterkragprojek vorder fluks

Vordering word gemaak by die Baynes-waterkragprojek, 'n beplande 600 tot 881 megawatt-aanleg aan die Kunene-rivier. Tydens sy streeksrede vanoggend het die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Muharukua, gesê dat die projek goed deur sy omvangsbepaling- en omgewingsassesseringsfases beweeg, te midde van teenkanting van inheemse gemeenskappe.
30 Jun 10AM 1 min

Nóg 'n mylpaal vir Rhino Resources in oliesoektog

Rhino Resources Namibia, die operateur van PEL 85, het 'n suksesvolle stap in hulle olie-eksplorasie aangekondig. Dit kom na afloop van boorwerk by die Capricornus-1A-evalueringsput indie Oranje-bekken. Namcor het sy vennote, Rhino Resources, Azule Energy, Korres Investments en alle spanne wat by die veilige uitvoering van die Capricornus-1A-boorveldtog betrokke was,…
30 Jun 10AM 1 min

Kaapse polisie staan bont met betogings

Die Stad Kaapstad se rampkoördineringspan sê 'n paar voorvalle rondom betogings teen onwettige buitelanders is vanoggend aangemeld. Woordvoerder Charlotte Powell sê eenhede is op die toneel by 'n byeenkoms in Bloekombos, 'n groep op die Parade, en 'n poging tot winkelplundering in Gugulethu, waar die polisie en die Metropolisie ingegryp…
30 Jun 9AM 1 min

Sokker: DRK gretig om Engeland te takel

Die voorspeler van die DRK, Yoane Wissa, sê hulle kan nie wag vir hulle Wêreldbeker-ronde van 32-kragmeting môre met Engeland nie. Die Luiperds het deur 13 kwalifiserende wedstryde, 'n kwarantyn-tydperk weens 'n Ebola-uitbreking en die onbestendigheid in hulle land oorkom. Die DRK neem die eerste keer in 52 jaar aan…
30 Jun 9AM 1 min

Namibiese besighede kan baat by jeugontwikkelingskema

Die Khomas-streeksraad is die gasheer van die inligtingsessie vir geleenthede vir klein- en mediumgrootte ondernemings. Een van die gesprekke wat gevoer word is oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Die Khomas-goewerneur, Sam Nujoma, het ook oor die geleentheid vir besighede ingevolge die jeugontwikkelingskema gepraat. Hy herinner weereens…
30 Jun 8AM 1 min