Afriforum vat krediet vir verlaging in brandstofheffings

Loading player...
AfriForum sê openbare druk het 'n sleutelrol gespeel om verligting te verseker vir verbruikers wat steier onder stygende brandstofpryse as gevolg van spanning op die globale oliemark. Die organisasie sê volgehoue bepleitings deur die publiek en burgerlike groepe het die regering oortuig om op te tree en huishoudings teen hoër vervoer- en lewenskoste te beskerm. Dit volg na die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se besluit om die brandstofheffing met 3 Suid-Afrikaanse rand te verminder. Ernst van Zyl van AfriForum bepleit 'n wyer bespreking oor die permanente verlaging van brandstofbelasting:
1 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kenner bied gratis seminaar aan vir SME's oor kuberveiligheid

Die land beleef groot kuberveiliheid-uitdagings en die Namibiese Wetenskaplike Vereniging sal volgende Dinsdag via Zoom 'n praatjie oor kuberveiligheid vir kleinbesighede aanbied wat fokus op e-pos- en rekeningsekuriteit. Andrew Fordred, 'n kuberveiligheidskenner en voormalige intelligensiebeampte in die Suid-Afrikaanse polisie, wat die sessie sal aanbied, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat…
23 Apr 1AM 1 min

Kenner sê Nekundi is reg oor kaartjiekostes

Lugvaartkenner dr. Guy Leitch verwelkom vervoerminister Veikko Nekundi se eis dat vlugkaartjiepryse op die Ondangwa-roete moet verlaag. Nekundi het die maatskappy ses maande gegee om die pryse meer bekostigbaar te maak en gesê dat hy bereid is om die wet te wysig en prysbeheer in te stel. Leitch het aan…
23 Apr 12AM 1 min

Aopa waarsku oor kritieke tekort in burgerlugvaart

'n Nuwe witskrif oor die lugvaartbedryf van die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging van Namibië waarsku teen 'n kritieke tekort aan kommersiële vlieëniers en vluginstrukteurs, met net meer as 200 aktiewe lisensiehouers landwyd en 'n aanvraag wat die aanbod ver oortref. Dit terwyl werkspermitte nie vir buitelanders goedgekeur word nie. Die vlug-vereniging…
23 Apr 12AM 1 min

SAL se tweede ouditvrywarings is onaanvaarbaar

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê dis onaanvaarbaar dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens twee agtereenvolgende ouditvrywarings van die ouditeur-generaal ontvang het. Die lugredery het in die 2024/25-boekjaar 83-persent van sy jaarteikens bereik en 'n wins van 30-miljoen Suid-Afrikaanse rand getoon. Dit het egter 'n bedryfsverlies van 472-miljoen-rand aangeteken. Creecy het…
22 Apr 11PM 1 min

Herstel van oliepyplyn gee groenlig vir kritieke lening vir Oekraïne

Oekraïne sê dit het weer begin om Russiese olie deur 'n pypleiding na Hongarye en Slowakye te pomp, wat 'n dooiepunt oor 'n lening van 90 miljard euro tot 'n einde gebring het. Die Europese Unie-lening is as noodsaaklike steun vir Kiëf beskou, maar Hongarye se uitgaande premier Viktor Orbán…
22 Apr 11PM 1 min