Ten spyte daarvan dat inwoners van Gobabis in Januarie al ernstige kommer uitgespreek het oor voortdurende rioolprobleme en die agteruitgang van oop stortingsterreine in die dorp, duur die probleem onverpoosd voort. Kosmos 94.1 Nuus het met die Gobabis-gemeenskapsaktivis Lehana Nel gesels, wat 'n ope brief geskryf het wat aan verskeie…
Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in Februarie met 1,6-persent op 'n jaargrondslag gestyg, hoofsaaklik aangedryf deur groei in ander kleinhandelaars en klere-, skoeisel- en tekstielwinkels. Verkope het egter met een-persent gedaal in vergelyking met Januarie op 'n seisoensaangepaste basis, wat gemengde maandelikse prestasie weerspieël. Raquel Floris van Statistieke SA sê…
Die Motorbedryf-personeelvereniging doen 'n beroep op motoriste om toenemende konfrontasies op paaie te vermy, aangesien oomblikke van woede agter die stuur verwoestende en onomkeerbare gevolge kan hê. Die beroep volg op die noodlottige padwoede-voorval Sondag in Emmarentia in Johannesburg. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging vra vir kalmte, selfbeheersing en groter…
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê sy land is gereed vir enige vorm van onderhandelinge met Rusland. Hy sê dis ʼn groot risiko om te dink pogings om gevegte te beëindig kan eers weer begin as die konflik in Iran verby is. Hy het aan CNN gesê die oorlog in…
Die land beleef groot kuberveiliheid-uitdagings en die Namibiese Wetenskaplike Vereniging sal volgende Dinsdag via Zoom 'n praatjie oor kuberveiligheid vir kleinbesighede aanbied wat fokus op e-pos- en rekeningsekuriteit. Andrew Fordred, 'n kuberveiligheidskenner en voormalige intelligensiebeampte in die Suid-Afrikaanse polisie, wat die sessie sal aanbied, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.