Die Grensbestuursowerheid sê bedrywighede bly rustig op die Beitbrug-grenspos in Limpopo, maar 'n toename in busse met buitelandse burgers word later vandag verwag. Die adjunkkommissaris vir Operasies, David Chilembe, sê byna 2 900 mense, meestal Malawiërs en Zimbabwiërs, is Maandag verwerk. Ongeveer 280 gedeporteerdes het gekom vanaf die Lindela-repatriasiesentrum, terwyl…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê terrorisme onstaan te midde van globale onbestendigheid, wat gekenmerk word deur verhoogde geopolitieke spanning, langdurige konflikte en toenemende verbrokkeling. Vanjaar is die 20ste herdenking van die VN se Globale Teen-Terrorismestrategie, wat die wêreld se enigste raamwerk is vir die bekamping van…
Reaksie word ontvang op die arrestasie van 'n 28-jarige man wat Sondag met dagga van 741 000 Namibiese dollar betrap is. Vroeër in die maand het die polisie drie verdagtes in twee afsonderlike daggaverwante voorvalle in die Erongo- en //Kharas-streke in hegtenis geneem en dwelms met ’n gesamentlike straatwaarde van…
Vordering word gemaak by die Baynes-waterkragprojek, 'n beplande 600 tot 881 megawatt-aanleg aan die Kunene-rivier. Tydens sy streeksrede vanoggend het die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Muharukua, gesê dat die projek goed deur sy omvangsbepaling- en omgewingsassesseringsfases beweeg, te midde van teenkanting van inheemse gemeenskappe.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.