SA korrektiewe dienste ondersoek eNCA-onderhoud met gevangene

Loading player...
Die Departement van Korrektiewe Dienste het ʼn telefoniese onderhoud tussen eNCA en ʼn hoëprofiel-gevangene, Jermaine Prim by die Johannesburgse tronk veroordeel. Prim staan tereg op aanklagte van korrupsie en word met misdaadsindikate verbind. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê ʼn volskaalse ondersoek is aan die gang om vas te stel hoe dit kon gebeur. Hy sê die onderhoud wat sonder goedkeuring van die nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, plaasgevind het, is ʼn duidelike oortreding van die Standaard Bedryfsprosedures:
29 Mar 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stormloop vanaand by Beitbrug verwag

Die Grensbestuursowerheid sê bedrywighede bly rustig op die Beitbrug-grenspos in Limpopo, maar 'n toename in busse met buitelandse burgers word later vandag verwag. Die adjunkkommissaris vir Operasies, David Chilembe, sê byna 2 900 mense, meestal Malawiërs en Zimbabwiërs, is Maandag verwerk. Ongeveer 280 gedeporteerdes het gekom vanaf die Lindela-repatriasiesentrum, terwyl…
30 Jun 11AM 1 min

Nuwe tegnologie vuur terreur aan, sê Guterres

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê terrorisme onstaan te midde van globale onbestendigheid, wat gekenmerk word deur verhoogde geopolitieke spanning, langdurige konflikte en toenemende verbrokkeling. Vanjaar is die 20ste herdenking van die VN se Globale Teen-Terrorismestrategie, wat die wêreld se enigste raamwerk is vir die bekamping van…
30 Jun 11AM 1 min

Kenner sê hoekom dagga so gewild is

Reaksie word ontvang op die arrestasie van 'n 28-jarige man wat Sondag met dagga van 741 000 Namibiese dollar betrap is. Vroeër in die maand het die polisie drie verdagtes in twee afsonderlike daggaverwante voorvalle in die Erongo- en //Kharas-streke in hegtenis geneem en dwelms met ’n gesamentlike straatwaarde van…
30 Jun 11AM 1 min

Baynes-waterkragprojek vorder fluks

Vordering word gemaak by die Baynes-waterkragprojek, 'n beplande 600 tot 881 megawatt-aanleg aan die Kunene-rivier. Tydens sy streeksrede vanoggend het die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Muharukua, gesê dat die projek goed deur sy omvangsbepaling- en omgewingsassesseringsfases beweeg, te midde van teenkanting van inheemse gemeenskappe.
30 Jun 10AM 1 min