COPE juig oor arres van senior polisiebeamptes in tenderskandaal

Loading player...
Die Congress of the People verwelkom die inhegtenisneming van 12 senior Suid-Afrikaanse Polisiediens-beamptes oor hul beweerde rol in 'n Medicare24-tenderskandaal van 360-miljoen-rand, wat verbind word met die sakeman Vusimuzi Matlala. Pakes Dikgetsi van Cope sê die beskuldigdes het na wat berig word omkoopgeld ontvang, insluitend luukse voertuie en ander voordele. Dikgetsi veroordeel die openbare vertrouensbreuk en vra die nasionale kommissaris om alle beamptes wat betrek word sonder betaling te skors en korrupsie in die SAPD uit te roei:
25 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stormloop vanaand by Beitbrug verwag

Die Grensbestuursowerheid sê bedrywighede bly rustig op die Beitbrug-grenspos in Limpopo, maar 'n toename in busse met buitelandse burgers word later vandag verwag. Die adjunkkommissaris vir Operasies, David Chilembe, sê byna 2 900 mense, meestal Malawiërs en Zimbabwiërs, is Maandag verwerk. Ongeveer 280 gedeporteerdes het gekom vanaf die Lindela-repatriasiesentrum, terwyl…
30 Jun 11AM 1 min

Nuwe tegnologie vuur terreur aan, sê Guterres

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê terrorisme onstaan te midde van globale onbestendigheid, wat gekenmerk word deur verhoogde geopolitieke spanning, langdurige konflikte en toenemende verbrokkeling. Vanjaar is die 20ste herdenking van die VN se Globale Teen-Terrorismestrategie, wat die wêreld se enigste raamwerk is vir die bekamping van…
30 Jun 11AM 1 min

Kenner sê hoekom dagga so gewild is

Reaksie word ontvang op die arrestasie van 'n 28-jarige man wat Sondag met dagga van 741 000 Namibiese dollar betrap is. Vroeër in die maand het die polisie drie verdagtes in twee afsonderlike daggaverwante voorvalle in die Erongo- en //Kharas-streke in hegtenis geneem en dwelms met ’n gesamentlike straatwaarde van…
30 Jun 11AM 1 min

Baynes-waterkragprojek vorder fluks

Vordering word gemaak by die Baynes-waterkragprojek, 'n beplande 600 tot 881 megawatt-aanleg aan die Kunene-rivier. Tydens sy streeksrede vanoggend het die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Muharukua, gesê dat die projek goed deur sy omvangsbepaling- en omgewingsassesseringsfases beweeg, te midde van teenkanting van inheemse gemeenskappe.
30 Jun 10AM 1 min