
Regering 'beplan landelike internet-uitbreiding, Starlink nie nodig'
Loading player...
Eerste Minister Elijah Ngurare het die regering se besluit om Starlink se aansoek om in Namibië dienste aan te bied te weier, verdedig. In antwoord op vrae in die parlement het Ngurare gesê die besluit is geneem volgens die eienaarskapswette waaraan enigiemand wat in die land wil opereer, moet voldoen. Hy sê kommer oor die pad vorentoe rakende landelike internettoegang sal aangespreek word aangesien die regering planne het om landelike konnektiwiteit uit te brei.

