
Dis tyd dat SWATF-veterane ook voordele ontvang: ontleder
Loading player...
Die debat oor vergoeding en die insluiting in veteranevoordele vir voormalige SWATF-lede het weer opgeduik. Die groep het 'n petisie by die lynministerie ingedien en eis formele erkenning en gelyke behandeling van beide die regering en internasionale liggame. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê dit is hoog tyd dat voormalige SWATF-veterane behandeling ontvang wat vergelykbaar is met dié van Swapo se PLAN-veterane.

