
Groot stormskade op Grootfontein, TyreMax se dak af
Loading player...
Groot skade is in Grootfontein aangerig toe 'n hewige donderstorm met hael en sterk wind die dorp Dinsdag getref het. Van die woonbuurte het 86mm in een uur ontvang. TyreMax se dak het afgewaai en op die vragmotor-parkeerterrein by Engen te lande gekom. Die munisipaliteit het die skade bevestig en kon nie dadelik meer inligting gee nie, weens 'n vergadering oor die kwessie wat tans met die goewerneur van die Otjozondjupa-streek gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het met TyreMax se eienaar, Jaco Nienaber gepraat.

