
Staatsdiensvakbond eis aksie oor R630-miljoen se vermiste toelaes
Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare doen 'n beroep op die Hoër Onderwys en Opleiding-minister, Buti Manamela, om dringend opdrag te gee vir 'n onafhanklike forensiese ondersoek na die vermiste 630-miljoen-rand in vaardigheidsontwikkelingstoelaes. Die Ouditeur-generaal het bevind die toelae-uitgawes deur die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid vir Onderwys, Opleiding en Ontwikkelingspraktyke kan nie gestaaf kan word nie weens vermiste rekords. Claude Naicker van die vakbond sê dis 'n katastrofiese bestuursmislukking:

