
‘Verdag dat Herunga nie oor Rusland-bewerings wil dagvaar nie’
Loading player...
Bewerings dat Rusland Swapo gehelp het om tydens die laaste verkiesings te wen, bly in die nuus. Hierdie keer sê die IPC se skadu-handelminister, Rodney Cloete, dit is verdag dat Swapo se adjunk-sekretaris-generaal, Uahekua Herunga, sê hy sal nie regstappe doen nie, na bewerings dat hy miljoene dollar van Russiese intelligensie-agente gewerf het om Swapo se 2024-verkiesingsveldtog te ondersteun. Cloete sê daar kan ook 'n skakel wees met die onlangse druk deur die regering om Russiese maatskappye toe te laat om in-situ-mynbou in die Leonardville-gebied te begin, ten spyte van sterk teenkanting.

