Meatco se 38ste jaarlikse algemene vergadering is uitgestel tot 31 Julie 2026. Oorspronklik geskeduleer vir 3 Julie, sal die vergadering steeds om nege-uur die oggend begin en by Nipam se uitvoerende konferensiesaal in Windhoek plaasvind. Meatco-woordvoerder Rosa Thobias het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Statistiek Suid-Afrika sê die formele nie-landbousektor het gedurende die eerste drie maande vanjaar 80 000 werksgeleenthede verloor, wat algehele indiensneming in dié sektor tot 10,5 miljoen verminder het. Die grootste afname was in gemeenskapsdienste en handel, terwyl vervaardiging, mynbou en sakedienste klein winste getoon het. Sowat 121 000 formele werksgeleenthede…
Die Grensbestuursowerheid sê bedrywighede bly rustig op die Beitbrug-grenspos in Limpopo, maar 'n toename in busse met buitelandse burgers word later vandag verwag. Die adjunkkommissaris vir Operasies, David Chilembe, sê byna 2 900 mense, meestal Malawiërs en Zimbabwiërs, is Maandag verwerk. Ongeveer 280 gedeporteerdes het gekom vanaf die Lindela-repatriasiesentrum, terwyl…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê terrorisme onstaan te midde van globale onbestendigheid, wat gekenmerk word deur verhoogde geopolitieke spanning, langdurige konflikte en toenemende verbrokkeling. Vanjaar is die 20ste herdenking van die VN se Globale Teen-Terrorismestrategie, wat die wêreld se enigste raamwerk is vir die bekamping van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.