Brittanje sal nie by Iran-oorlog toetree nie - Starmer

Loading player...
Die Britse eerste minister Keir Starmer het herhaal die Verenigde Koninkryk gaan nie by die Amerikaans-Israelse oorlog teen Iran betrek word nie. Hy het gister voor die Laerhuis-skakelkomitee verskyn waar hy berigte van onderhandelinge tussen Amerika en Iran verwelkom het. Starmer het aan die komitee gesê enige Britse optrede in hierdie oorlog moet wettig wees en ondersteun word deur ʼn haalbare, weldeurdagte plan. Hy sê die Verenigde Koninkryk en sy bondgenote sal voortgaan om in hul eie gesamentlike selfverdediging op te tree:
24 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Afgradeer sukkelende dorpies terug na nedersettings: RP

Die Republikeinse Party doen 'n beroep op stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa om sukkelende klein dorpies terug na nedersetting-status af te gradeer. RP-parlementslid Mathias Mbundu sê sodra gebiede tot dorpe verklaar word, verloor hulle die sentrale regering se steun en moet hulle finansieel op hul eie voete staan, wat…
23 Apr 11AM 1 min

Cyril sit Masemola op voorsorgskorsing

President Cyril Ramaphosa het die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola op voorsorgskorsing geplaas na aanklagte wat verband hou met beweerde oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die polisie se hoof-finansiële beampte, Puleng Dimpane, is as waarnemende nasionale kommissaris aangestel. Ramaphosa sê die regering bly gefokus op die versterking van…
23 Apr 11AM 1 min

CAN vra publiek se hulp met CHICA-huis uitbreiding

Die Kankervereniging doen 'n beroep op hulp van die publiek om akkommodasie by sy CHICA-huis in Windhoek uit te brei. Die uitvoerende hoof, Rolf Hansen, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dringende opgraderings nodig is. Diegene wat bereid is om te help, kan die vereniging direk kontak of bydra…
23 Apr 10AM 1 min

LPM se Swartbooi kap Sankwasa oor verbreekte behuising-beloftes

Die leier van die LPM, Bernadus Swartbooi, het kritiek gelewer teen die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, en hom en die Swapo-regering daarvan beskuldig dat hulle nie beloftes nagekom het om laekoste-behuising te bou nie. Swartbooi het vanoggend tydens 'n perskonferensie gesê ten spyte van die belofte…
23 Apr 10AM 1 min