Trump hou vol Iran soek vrede

Loading player...
President Donald Trump van Amerika hou vol Iran wil ʼn ooreenkoms sluit. Hy het Maandag gesê sy administrasie het baie goeie en produktiewe besprekings met Teheran gehad om vyandighede in die Midde-Ooste heeltemal te staak. Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê egter daar is geen onderhandelinge tussen Teheran en Washington nie en beskuldig Trump dat hy die oliemarkte probeer manipuleer. Trump sê Iran het nog een kans op vrede:
24 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lof vir Suid-Afrikaners met vreedsame betoging

Die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie sê Suid-Afrikaners moet geloof word nadat hulle hul grondwetlike reg om te betoog gister vreedsaam en verantwoordelik uitgevoer het. Betogings teen onwettige immigrante het landwyd hoofsaaklik vreedsaam verloop. Die polisie het op geïsoleerde voorvalle van plundering en pogings tot plundering gereageer. Die minister van Justisie…
1 Jul 2AM 1 min

Trump wil geboortereg-burgerskap na Kongres toe vat

President Donald Trump het die Kongres gevra om in te gryp en geboortereg-burgerskap te beëindig. Dit volg na die Hooggeregshof se beslissing dat sy administrasie nie ʼn uitvoerende bevel mag gebruik om geboortereg-burgerskap vir babas wat in Amerika gebore word, te stop nie. Trump sê wetgewers moet nuwe wetgewing instel…
1 Jul 2AM 1 min

Aussie-vroue weer in T20 eindstryd

Die sesmalige kampioene, Australië, is na drie jaar weer in die T20-Wêreldbeker vir vroue se eindstryd nadat hulle die Wes-Indiese Eilande by die Oval met agt paaltjies verpletter het. Die Wes-Indies is tot 125 vir sewe beperk. Daarna het Beth Mooney ʼn onoorwonne 61 van 36 balle aangeteken en Australië…
1 Jul 1AM 1 min

Erongo-skoolinskrywings opgeskort vir assesserings

Midde groeiende kommer oor skoolplasings in die Erongo-streek, het onderwysminister Sanet Steenkamp die parlement verseker dat die opskorting van nuwe leerderinskrywings by openbare laerskole in Walvisbaai en Swakopmund 'n beplande ingryping is. Steenkamp het Dinsdagmiddag aan die NV gesê dat die maatreël onderwysamptenare in staat sal stel om beskikbare klaskamerruimte…
1 Jul 1AM 1 min

Omgewing betreur beriggewing van smokkelwaardes

Owerhede het 295 beskermde "Elephant’s-foot"-vetplante (Adenia pechuelii) met 'n waarde van meer as 2 miljoen Namibiese dollar teruggekry nadat twee verdagtes naby Arandis in hegtenis geneem is. Daar is na bewering op twee mans afgekom terwyl hulle sakke van 50 kg gelaai het wat dié plante bevat het. Kosmos 94.1…
1 Jul 1AM 1 min