Nog 'n Fishrot verlof om te appelleer-aansoek op pad

Loading player...
Regter Marelise du Plessis het vanoggend 'n aansoek om haar onttrekking in die voortgesette Fishrot-verhoor van die hand gewys. Die onttrekkingsaansoek is deur beskuldigde Sacky Shanghala gebring, met James Hatuikulipi en Mike Nghipunya as mede-aansoekers. Du Plessis het ook die versoek om uitstel van die verhoor van die hand gewys. Die aansoekers se regsverteenwoordiger het egter gesê dat hy van voorneme is om aansoek te doen om verlof om teen die uitstelbeslissing te appelleer, en Du Plessis het daardie verhoor vir 13 April vasgestel.
23 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Is daling in toerismesyfers as gevolg van visum-op-aankoms

Reaksie word ontvang op statistiek dat Namibië net meer as 1 217 miljoen toeriste in 2025 verwelkom het, 'n afname van 3,2 persent vanaf die 1 257 miljoen aankomste wat in 2024 aangeteken is. Die afname kom na die bekendstelling van die land se visum-by-aankoms-beleid in April verlede jaar. Die…
1 Jul 3AM 1 min

Cosatu verwelkom SA se brandstofprys daling

Terwyl Namibiërs geduldig moet wag sê die buurland se vakbondfederasie Cosatu die skerp daling in brandstofpryse, wat verlagings insluit van meer as 2 Suid-Afrikaanse rand per liter vir petrol, ongeveer 3 rand vir diesel en meer as 5 rand vir paraffien, sal verligting vir pendelaars bring en help om die…
1 Jul 3AM 1 min

Lof vir Suid-Afrikaners met vreedsame betoging

Die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie sê Suid-Afrikaners moet geloof word nadat hulle hul grondwetlike reg om te betoog gister vreedsaam en verantwoordelik uitgevoer het. Betogings teen onwettige immigrante het landwyd hoofsaaklik vreedsaam verloop. Die polisie het op geïsoleerde voorvalle van plundering en pogings tot plundering gereageer. Die minister van Justisie…
1 Jul 2AM 1 min

Trump wil geboortereg-burgerskap na Kongres toe vat

President Donald Trump het die Kongres gevra om in te gryp en geboortereg-burgerskap te beëindig. Dit volg na die Hooggeregshof se beslissing dat sy administrasie nie ʼn uitvoerende bevel mag gebruik om geboortereg-burgerskap vir babas wat in Amerika gebore word, te stop nie. Trump sê wetgewers moet nuwe wetgewing instel…
1 Jul 2AM 1 min

Aussie-vroue weer in T20 eindstryd

Die sesmalige kampioene, Australië, is na drie jaar weer in die T20-Wêreldbeker vir vroue se eindstryd nadat hulle die Wes-Indiese Eilande by die Oval met agt paaltjies verpletter het. Die Wes-Indies is tot 125 vir sewe beperk. Daarna het Beth Mooney ʼn onoorwonne 61 van 36 balle aangeteken en Australië…
1 Jul 1AM 1 min