Die ministerie van energie het 'n verlaging in brandstofpryse vir vandeesmaand aangekondig. Die petrolprys is met een Namibiese dollar per liter verlaag en beide dieselgrade met vier dollar per liter. Die prys tree om middernag op 3 Julie in werking. Lynminister Modestus Amutse het die besluit toegeskryf aan positiewe ontwikkelings…
Een persoon is dood en elf beseer toe ʼn bus wat passasiers van KwaZulu-Natal na die repatriasie-kamp in Musina, Limpopo, vervoer het, op die N1 sowat vier kilometer van die Beitbrug-grenspos omgeslaan het. Die bestuurder het vermoedelik weens uitputting beheer oor die voertuig verloor. ʼn Woordvoerder van Limpopo se Vervoerdepartement,…
Pride Month, wat jaarliks wêreldwyd elke Junie gevier word om die LGBT-gemeenskap te vereer, geskiedenis te herdenk en vir gelyke regte te pleit, het tot 'n einde gekom. Kosmos 94.1 Nuus het met Out Right Namibia-direkteur Agapitus Hausiku gepraat, wat sê dat vanjaar se vieringe wêreldwyd gevoel is namate beduidende…
Namcor het bevestig dat Victoria Sibeya as besturende direkteur aangestel is. Haar vyfjaar-termyn begin vandag. Namcor-woordvoerder Utaara Hoveka sê Sibeya het verskeie rolle by die staatsonderneming oor die jare gevul.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.