Die regering hou tans 'n senior regeringsamptenare en uitvoerende direkteure-byeenkoms op Swakopmund by die Strand Hotel. Eerste minister dr. Elijah Ngurare het die digitalisering van die regering aangespreek en veral melding gemaak van die uitdagings wat datasentrums vir Namibië inhou.
Die Handelsmisdaadhof in Pretoria het die sakeman Vusimusi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms van agt-jaar tronkstraf vir bedrog, korrupsie en geldwassery verwerp. Dit handel oor die Medicare24-tender van 228 miljoen rand. Landdros Ignatius du Preez beskryf Matlala as die baasbrein van die operasie en wonder of sy samewerking opregte berou is…
Die ministerie van energie het 'n verlaging in brandstofpryse vir vandeesmaand aangekondig. Die petrolprys is met een Namibiese dollar per liter verlaag en beide dieselgrade met vier dollar per liter. Die prys tree om middernag op 3 Julie in werking. Lynminister Modestus Amutse het die besluit toegeskryf aan positiewe ontwikkelings…
Een persoon is dood en elf beseer toe ʼn bus wat passasiers van KwaZulu-Natal na die repatriasie-kamp in Musina, Limpopo, vervoer het, op die N1 sowat vier kilometer van die Beitbrug-grenspos omgeslaan het. Die bestuurder het vermoedelik weens uitputting beheer oor die voertuig verloor. ʼn Woordvoerder van Limpopo se Vervoerdepartement,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.