Kwata Krieket brei voetsoolvlak-krieket uit

Loading player...
Kwata Krieket gaan voort met sy missie om die sport na kinders in landelike Namibië te neem, met meer as 80 000 jongmense wat sedert 2009 aan krieket bekendgestel is. Volgens Gert Grobler, hoof bedryfsbeampte van Ashburton Investments, die program se hoofborg, is die ondersteuning van krieket op voetsoolvlak 'n betekenisvolle belegging in die land se toekoms. Hy het insigte met Kosmos 94.1 Nuus gedeel oor die maatskappy se voortgesette verbintenis tot die ontwikkeling van die spel op gemeenskapsvlak.
18 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Datasentrums 'n uitdaging vir Namibië

Die regering hou tans 'n senior regeringsamptenare en uitvoerende direkteure-byeenkoms op Swakopmund by die Strand Hotel. Eerste minister dr. Elijah Ngurare het die digitalisering van die regering aangespreek en veral melding gemaak van die uitdagings wat datasentrums vir Namibië inhou.
1 Jul 9AM 1 min

Hof verwerp 'Cat' Matlala se pleitooreenkoms

Die Handelsmisdaadhof in Pretoria het die sakeman Vusimusi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms van agt-jaar tronkstraf vir bedrog, korrupsie en geldwassery verwerp. Dit handel oor die Medicare24-tender van 228 miljoen rand. Landdros Ignatius du Preez beskryf Matlala as die baasbrein van die operasie en wonder of sy samewerking opregte berou is…
1 Jul 9AM 1 min

Brandstofprys daal Vrydag in Namibië

Hy sê die regering het reëlings vir lae premies getref om stabiele brandstofvoorraad van Julie tot SeptemModestus Amutse Woensdag Een ber te verseker.
1 Jul 9AM 1 min

Brandstofprys daal Vrydag in Namibië

Die ministerie van energie het 'n verlaging in brandstofpryse vir vandeesmaand aangekondig. Die petrolprys is met een Namibiese dollar per liter verlaag en beide dieselgrade met vier dollar per liter. Die prys tree om middernag op 3 Julie in werking. Lynminister Modestus Amutse het die besluit toegeskryf aan positiewe ontwikkelings…
1 Jul 9AM 1 min

Onwettige Malawiese migrante in busongeluk in Limpopo

Een persoon is dood en elf beseer toe ʼn bus wat passasiers van KwaZulu-Natal na die repatriasie-kamp in Musina, Limpopo, vervoer het, op die N1 sowat vier kilometer van die Beitbrug-grenspos omgeslaan het. Die bestuurder het vermoedelik weens uitputting beheer oor die voertuig verloor. ʼn Woordvoerder van Limpopo se Vervoerdepartement,…
1 Jul 9AM 1 min