Oosthuizen sê sy fokus is nie op druk met LIV-toernooi nie

Loading player...
Kaptein Louis Oosthuizen sê hy plaas nie homself of enige van sy Southern Guards GC-spanmaats onder enige ekstra druk wanneer LIV-gholf hierdie week die heel eerste keer in Suid-Afrika plaasvind nie. Meer as 90 000 toeskouers sal van môre tot Sondag die toernooi in Steyn City in Johannesburg bywoon. Die Suid-Afrikaanse afdeling van die Southern Guards sluit ook Charl Schwartzel, Dean Burmester en Branden Grace in. Oosthuizen sê hulle wil hulle tuisvoordeel laat tel:
18 Mar 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Operasie Prosper lewer te min resultate in Wes-Kaap

Die regering van die Wes-Kaap doen 'n beroep op 'n dringende hersiening van misdaadbestrydingpogings, met huidige pogings onder Operasie Prosper wat te min resultate lewer. Premier Alan Winde sê gemeenskappe het steeds te kampe met hoë vlakke van misdaad ondanks voortgesette polisie- en militêre ontplooiings. Winde doen 'n beroep op…
24 Apr 6AM 1 min

Geen land wat Israel beset het, floreer nie - Carlson

Oud-Trump-bondgenoot Tucker Carlson sit sy kritiek teenoor president Donald Trump voort en behalwe dat hy sê hy lank geteister sal word deur die feit dat hy 'n rol gespeel het om Trump verkies te kry, het hy sy visier ook op Israel. Hy sê geen plek wat deur Israel beset…
24 Apr 6AM 1 min

Jacky Britz ingehuldig as Baster-kaptein

Kaptein Jacky Britz is vandag op Rehoboth by die Lutherse Kerk as Baster-kaptein ingehuldig. Hy is op 9 Februarie na ‘n lang leierskapsgeskil deur die lynminister James Sankwasa bevestig. Hy het sy eed voor ds. Soraya Mostert afgelê.
24 Apr 5AM 1 min

NNN se visdialoog spreek nie kwessies aan of leer lesse nie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep gedoen op 'n oop dialoog in Namibië se visbedryf met vakbonde wat waarsku dat die sektor in 'n krisis verkeer, met werkers wat onsekerheid, swak toestande en beperkte voordele in die gesig staar. Die president sluit vandag 'n driedaagse konsultasie met vismaatskappye op Walvisbaai…
24 Apr 5AM 1 min