Inhoudskeppers en aanlyn-beïnvloeders moet ook belasting betaal

Loading player...
Namibië se groeiende digitale en kreatiewe ekonomie is nou amptelik op die belastingowerhede se radar. NamRA kommissaris Sam Shivute het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat inkomste wat deur inhoudskeppers en aanlyn-beïnvloeders verdien word, ten volle belasbaar is onder die huidige wette. Shivute sê die agentskap kan inkomste van buitelandse platforms dophou deur derdeparty-data, oudits en internasionale inligtingdelingsmeganismes te gebruik.
18 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Filmkommissie se streek-roadshow eindig môre

Die Namibiese Filmkommissie sal môre sy 2026 Streeksfilm-Roadshow afsluit in Windhoek met die vertoning van drie plaaslik befondsde films, Mindful Maestros, Connection, en One More Win. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die kommissie se woordvoerder, Nicola Muranda, dat die roadshow 'n sukses was om Namibië se groeiende…
1 Jul 11AM 1 min

Staatsondernemingspele begin môre op Rundu

Die 2026 Staatsondernemingspele sal na verwagting 'n beduidende ekonomiese inspuiting vir Rundu beteken wanneer die multi-sportbyeenkoms môre afskop. Meer as 4 000 deelnemers van 47 staatsondernemings sal ekonomiese aktiwiteit in die dorp stimuleer en plaaslike akkommodasieverskaffers, restaurante, kleinhandelaars en ander ondernemings bevoordeel. Deelnemers sal in agt sportkodes meeding tydens die…
1 Jul 11AM 1 min

Goedkoper brandstof gaan prysmonster effe briek

Reaksie word ontvang op die energieminister se aankondiging vanmiddag dat brandstofpryse Vrydag verlaag gaan word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm se ekonoom, Almandro Jansen, gepraat wat sê dat Brent-ru-oliepryse aansienlik gedaal het vanaf die hoë vlakke wat aan die begin van die konflik in die Midde-Ooste aangeteken is…
1 Jul 10AM 1 min

Begrafnisondernemers in spervuur oor musiekregte

Die gebruik van musiek sonder die nodige lisensiëring is onder die loep, aangesien begrafnisoperateurs nou geteiken word vir die speel van kopieregmusiek tydens begrafnisdienste. Kosmos 94.1 Nuus het met die waarnemende uitvoerende hoof van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, Ferdinand Gertze, gepraat, wat sê dat…
1 Jul 10AM 1 min

Datasentrums 'n uitdaging vir Namibië

Die regering hou tans 'n senior regeringsamptenare en uitvoerende direkteure-byeenkoms op Swakopmund by die Strand Hotel. Eerste minister dr. Elijah Ngurare het die digitalisering van die regering aangespreek en veral melding gemaak van die uitdagings wat datasentrums vir Namibië inhou.
1 Jul 9AM 1 min