Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Loading player...
Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan.

Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die unieke lens waardeur sy die wêreld bekyk – Maritza vat ons in haar kop, haar hart en haar hande.

Ons praat oor vrouwees. Nie die Instagram-weergawe nie, maar die rou, eerlike weergawe.

En dan die podsending “Grys en Gatvol”, saam met joernalis Melanie Verwoerd – ’n ruimte waar vroue praat oor peri- en postmenopouse, oor die dinge waaroor daar te min gepraat word, en te veel in stilte “2-uur-in-die-oggend” gegoogle word.

Maar dis KLETS. Ons bly nie lank op een plek nie.

Die Peet en Mel Viljoen-sage wat soos ’n sepie bly ontvou, die Oscars wat al hoe meer hul glans verloor, en die vraag of Gwede Mantashe regtig weet hoeveel brandstof Suid-Afrika het… of hoop niemand vra nie, of dalk net hoop die spreadsheets lieg nie.

En dan, soos ’n goeie laaste noot, kyk ons na Anton Goosen op 80 – want blykbaar is daar op 80 nog meer as net rock en roll in sy pype.

Dis kuns en kommentaar. Dis vrouwees en wêreldnuus.
Dis dieper gesprekke… Dis KLETS.
18 Mar Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min