Gesondheid verduidelik fase een van Visie April 2026 

Loading player...
Fase een van die sogenaamde Visie April 2026, wat vereis dat staatsamptenare streng staatsgesondheidsfasiliteite moet gebruik, sal aanvanklik van toepassing wees op ongeveer 294 senior regeringsamptenare. Dit sluit in die president, visepresident, eerste minister en adjunk-eerste minister, kabinetsministers en hul adjunkte, parlementslede, streekgoewerneurs, sowel as hoofde van sleutelinstellings soos die polisie, weermag, korrektiewe dienste en prokureur-generaal. Woordvoerder van die gesondheidsministerie Walters Kamaya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. 
17 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min

VN-eis vir slawerny-vergoeding 'raak nie volksmoord-reparasies'

Politieke ontleder professor Henning Melber sê die onlangse resolusie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering wat vergoeding vir slawehandel eis, is grootliks simbolies, sonder bindende regsgevolge vir lande wat nie vir die resolusie gestem het nie. Melber sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit ook nie die Namibiese volksmoord…
24 Apr 10AM 1 min