Oud-polisietaakmaglid in hof vir Getuie D-sluipmoord

Loading player...
'n Voormalige lid van die polisie se spesiale taakmag, Matipandile Sotheni, is geïdentifiseer as die vermeende moordenaar van Getuie D voor die Madlanga-kommissie. Marius van der Merwe is in Desember in Brakpan, Gauteng, doodgeskiet. Sotheni het in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van onder meer moord. Woordvoerder Athlenda Mathe sê die polisie glo Sotheni het saam met die oud-reservis Wiandré Pretorius gewerk, wat intussen sy eie lewe geneem het:
16 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min