Anton Goosen oor pa-word op 80

Loading player...
Jean-Louis gesels met die legende van Afrikaanse rock, Anton Goosen. Op 80 begin hy ’n nuwe hoofstuk in sy lewe, want hy en Estie verwag hul eerste kind saam. Anton beskryf die nuus self as: “Dis soos om tjoklitkoek te kry, maar jy het beskuit verwag.” In hierdie spesiale gesprek praat hy oor hoe dit voel om op 80 weer pa te word, wat hy sê vir mense wat verbaas is, en hoe hy pa-wees op tagtig sien.
16 Mar 4AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN en hoe dit gebruik word as deel van ’n gesonde leefstyl. Hulle bespreek die produk, waarvoor dit gebruik word en waarom dit belangrik is om enige gesondheidsproduk korrek te gebruik. Luister na die volledige gesprek vir meer inligting en praktiese raad.
16 Sep 7AM 12 min

Johan Hyman - Leerambagsman | Maak Spore

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Johan Hyman, ’n man wie se pad gekenmerk word deur entrepreneurskap, vakmanskap en ’n hart om terug te gee. Van sy ondersteuning van Droogtehulp Namibië en weeshuise tot die skep van handgemaakte leerprodukte – dis ’n gesprek oor waardes, kreatiwiteit en die…
15 Sep 7AM 7 min

Walk for Sight | Saamstap vir ’n goeie doel

Vandag op Gemeenskap Kalender gesels Elmero Strauss met Christelle en Sima oor Walk for Sight, ’n besonderse bewusmakings- en fondsinsamelingsstap wat op 10 Oktober plaasvind. Hulle vertel meer oor waarom hierdie inisiatief so belangrik is, hoe dit ’n verskil maak en hoe die gemeenskap kan saamstap vir ’n goeie doel.
15 Sep 7AM 7 min

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 15 September 2026

Mark gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
15 Sep 2AM 2 min