Mchunu is gereed om ANC-pligte te hervat

Loading player...
Die minister van polisie, Senzo Mchunu, is gereed om sy politieke pligte binne die ANC te hervat, nadat hy vrywillig uit die nasionale uitvoerende komitee en nasionale werkkomitee getree het. President Cyril Ramaphosa het Mchunu op spesiale verlof geplaas na bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, van polisie-inmenging. Tydens Mchunu se gebedsbyeenkoms in Durban het sy woordvoerder, Sithembiso Mshengu, gesê Mchunu gaan aan die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula skryf oor die besluit:
15 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min