Wêreldslaapdag

Loading player...
13 Maart is Wêreldslaapdag, en vanjaar se tema is “Sleep Well, Live Better.” Die boodskap is eenvoudig maar kragtig: wanneer ons beter slaap, leef ons beter — fisies, emosioneel en geestelik. Wêreldslaapdag is ook ’n wêreldwye bewusmakingsveldtog waar slaapgesondheidskenners en voorstanders saamwerk om die gesprek oor gesonde slaapgewoontes groter en sterker te maak.

By ons in die ateljee is Sylvia Liebenberg van die Pretoria SleepLab, wat spesialiseer in volwasse slaappatrone en slaapsteurnisse, en Melissa Bierman, ’n babaslaapkonsultant van Goodnight Baby wat ouers help om hul kleintjies — en hulself — beter te laat slaap.
13 Mar 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Wêreldwagwoorddag - Prof Basie von Solms

7 Mei is Wêreldwagwoorddag—’n goeie herinnering dat ons digitale veiligheid by iets so eenvoudig soos ’n wagwoord begin. Met kubermisdaad wat wêreldwyd toeneem, is dit belangriker as ooit om seker te maak jou aanlyn profiele is beskerm. Ons gesels vandag met Basie von Solms, een van Suid-Afrika se voorste kubersekuriteitskenners,…
8 May 7AM 8 min

8 Mei - Afrikaansdag

Vandag vier ons Afrikaansdag – ’n dag waarop ons die ryk geskiedenis, unieke karakter en blink toekoms van Afrikaans vier. Afrikaans is meer as net ’n taal; dit is vir baie mense die taal van huis, hart, musiek, stories en identiteit. En wie beter om saam met ons oor Afrikaans,…
8 May 7AM 9 min

Snoete-goete: Pet Safety Solutions

Is jou erf werklik veilig genoeg vir jou troeteldier? Morné Combrink van Pet Safety Solutions Pty Ltd vertel ons meer van hul dienste
8 May 7AM 8 min

VERSKILMAKERS: Operation Healing Hands

Op 14 Junie pak Neels Janse van Rensburg die ikoniese Comrades Marathon aan — nie net vir die medalje nie, maar vir ’n saak wat sy hart diep raak. Hy hardloop ten bate van Operation Healing Hands, ’n organisasie wat lewensveranderende operasies moontlik maak vir mense wat dit nie kan…
7 May 6AM 13 min