
Vyf vasgekeerde Ekapa-mynwerkers vermoedelik dood
Loading player...
Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, sê vyf mynwerkers wat vroeër die week vasgekeer is na 'n modderstorting in die Ekapa-myn in Kimberley in die Noord-Kaap, is vermoedelik dood. Reddingspogings duur voort, maar sal na verwagting langer neem weens water- en boorprobleme. Mantashe sal die gesinne toespreek en beskryf die voorval as 'n moontlike ramp. Hy sê 'n rekord 41 sterftes is verlede jaar in die mynbedryf aangeteken:

