Guterres bepleit beheer van KI-groei

Loading player...
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die toekoms van kunsmatige intelligensie kan nie in die hande van 'n paar lande of die giere van 'n paar miljardêrs oorgelaat word nie. Hy het op die KI-beraad in Nieu-Delhi, Indië, gepraat oor die begin van 'n nuwe era waarin KI die menslike beskawing ingrypend kan verander. Guterres is bekommer oor negatiewe gevolge indien KI-groei nie beheer word nie:
20 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamRA waarsku oor bedrog

Nadat NamRA die publiek gewaarsku het oor belastingbedrog is meer inligting bekend. In 'n onlangse verklaring met 'n lang lys oortredings sê die agentskap oor die afgelope vier jaar is 316 bedrogsake geregistreer, met 41 kriminele sake wat by die polisie aanhangig gemaak is. Daar is ook meer as 144…
3 Jul 5AM 1 min

Laaste mangaansmelter in SA moet dalk sluit

Suid-Afrika se laaste oorblywende mangaansmelter, Transalloys, het produksie gestaak weens hoë elektrisiteitskoste en voortgesette finansiële verliese. Die maatskappy sê sowat 600 werksgeleenthede en 'n verdere 7 000 mense se lewensbestaan is in gevaar. Konstantin Sadovnik van Transalloys sê tensy Eskom en die regering teen die einde van hierdie maand ooreenkom…
3 Jul 5AM 1 min

NNN en kie onderneem lang staatsbesoek aan China

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal op uitnodiging van president Xi Jinping van 5 tot 11 Julie 'n staatsbesoek aan China aflê. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Presidensie, Jonas Mbambo gepraat, wat 'n oorsig gee oor wat onder die loep sal kom.
3 Jul 4AM 1 min

VN veroordeel Russiese aanvalle op Kiëf

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het Rusland se jongste aanvalle op Kiëf en ander Oekraïnse stede ten sterkste veroordeel. Minstens 27 mense is dood en 91, insluitend twee kinders, is beseer toe Rusland Woensdag ʼn groot hommeltuig- en missiel-aanval op Kiëf uitgevoer het. Guterres se woordvoerder, Stéphane Dujarric,…
3 Jul 4AM 1 min