
Andrew se arrestasie uiters moeilike oomblik vir koninklikes
Loading player...
Die inhegtenisname Donderdag van Andrew Mountbatten-Windsor op sy 66ste verjaarsdag na hy na bewering sensitiewe handelsinligting van die Britse regering aan sy vriend, die seksoortreder Jeffrey Epstein oorhandig het, maak opslae internasionaal. Andrew is voorheen deur die Epstein-slagoffer Virginia Giuffre by Epstein se praktyke betrek, maar het alle skuld ontken. Koning Charles het Donderdagmiddag 'n verklaring oor die arrestasie van sy jonger broer uitgereik. SkyNews se koninklike korrespondent Rhiannon Mills doen verslag uit Londen.

