Twee mans vas oor skiet van tuinier by Mugabe-huis in Joburg

Loading player...
Die Gautengse polisie het bevestig twee mans van 28 en 33 is in hegtenis geneem by die seun van die Zimbabwiese oudpresident, Robert Mugabe, se huis in Hydepark, Johannesburg. Woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê hulle word verdink van poging tot moord nadat 'n tuinier geskiet en in 'n bedenklike toestand hospitaal toe geneem is. 'n Patroondoppie is gevind, maar die vuurwapen word nog vermis. Nevhuhulwi sê die verdagtes gee hulle samewerking:
19 Feb 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kommer oor reuse-skuld van Stad Johannesburg

Die ACDP het Stad Johannesburg gevra om nie meer lenings uit te neem nie en waarsku dit is onvolhoubaar. Woordvoerder Chris Rohlssen sê die stad word meer as 71-miljard Suid-Afrikaanse rand geskuld en vra skuldinvordering moet nou voorkeur kry. Hy is ook bekommerd oor 'n verwerpte leningsversoek aan die Franse…
26 Apr 11PM 1 min

Trump loof veiligheidspan

Amerikaanse president Donald Trump het sy veiligheidspan geloof vir hul vinnige optrede en die inhegtenisneming van 'n 31-jarige man ná 'n sluipmoord-poging Saterdagaand tydens die Withuis-korrespondentevereniging se dinee. Trump sê agente het vinnig en professioneel opgetree om die situasie te ontlont. Hy sê die reaksie toon die hoë vlak van…
26 Apr 11PM 1 min

Meer as 2 000 kuberaanvalle weekliks in SA

Suid-Afrikaanse organisasies het vroeg hierdie jaar reeds geworstel met meer as 2 100 kuberaanvalle weekliks, 'n toename van 36 persent jaarliks, gedryf deur KI‑gedrewe bedreigings en gyselware. Die regering en finansiële en verbruikersektore is belangrike teikens. Kuberveiligheidsdeskundige en uitvoerende hoof van Clyrofor, Loyiso Boyce, het aan Newzroom Afrika gesê uitvissing…
26 Apr 6AM 1 min

Aanlyn regsentrum vir wildbewaring

Namibië het 'n stap geneem in die rigting van die versterking van wildbewaring met die bekendstelling van 'n nuwe program wat daarop gemik is om die land se wetlike en beleidsraamwerk vir volhoubare wildbestuur te verbeter. Die inisiatief stel 'n aanlyn regsentrum bekend wat gemeenskappe, beleidmakers en belanghebbendes makliker toegang…
26 Apr 6AM 1 min

Nóg sewe by binnelandse sake in SA afgedank

Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê 'n verdere sewe amptenare is afgedank, wat die totaal sedert Julie 2024 op 63 te staan bring. Die departement het ook 16 nuwe skorsings uitgereik as deel van voortgesette tugstappe in verband met bevindinge deur die Spesiale Ondersoekeenheid. Hy sê 75 van…
26 Apr 4AM 1 min