
Terugkerendes uit Rusland 'moet met polisie saamwerk'
Loading player...
Die voormalige ambassadeur Kingsley Makhubela sê vier Suid-Afrikaanse mans wat van Rusland teruggekeer het, moet hulle volle samewerking vir die polisie gee oor hul werwing en beweerde betrokkenheid by die konflik tussen Rusland en Oekraïne. Hulle het gister teruggekeer. Makhubela het aan SABC News gesê owerhede moet enige betalings opspoor wat gemaak is, aangesien geld 'n papierspoor laat. Hy waarsku dat buitelandse militêre opleiding ernstige nasionale veiligheidsgevare inhou:

