
Vereniging van Staatsamptenare het kommer oor werkloosheidsyfers
Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare sê die onlangse syfers oor die arbeidsmark vir die vierde kwartaal van 2025, dui op 'n klein verbetering in indiensnemingsvlakke, maar toon 'n kommerwekkende toename in ontmoedigde werksoekers. Hoewel 44 000 méér mense in diens geneem is en altesaam 17,1-miljoen mense tans werk, het die getal ontmoedigde werksoekers met 233-duisend gestyg tot 3,7-miljoen. Claude Naicker van die vereniging sê stygende indiensnemingsyfers kan nie die werklikheid verbloem dat die gehalte, volhoubaarheid en toeganklikheid van werksgeleenthede onvoldoende bly nie:

