
Begroting: Outa vra bestedingsdissipline
Loading player...
Die Organisasie teen Belastingmisbruik moedig die regering aan om op bestedingsdissipline te fokus in plaas daarvan om belasting in vanjaar se begroting te verhoog. Die organisasie sê Suid-Afrika se fiskale uitdagings word veroorsaak deur verkwistende besteding, korrupsie en reddingsboeie vir mislukte staatsentiteite, nie 'n gebrek aan inkomste nie. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenage, sê die herstel van dissipline en die bekamping van korrupsie sal vertroue verhoog en ekonomiese herstel ondersteun:

