Die Swapo-party het verskeie veranderinge aangebring aan sy verteenwoordigers wat in parlementêre staande komitees dien. Onder diegene wat hertoegewys is, is Natangwe Ithete en Modestus Amutse. Die aankondiging is Woensdag deur die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa gemaak.
Die ekonoom van die Stellenbosch Sakeskool, André Roux, sê daar word verwag dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, vanjaar se begroting bestendig sal hou, met geen groot belastingveranderinge voor die plaaslike verkiesing nie. BTW en persoonlike inkomstebelastingkoerse sal na verwagting onveranderd bly, hoewel sondebelasting kan styg en die verskuiwing…
AfriForum sê die nasionale rampbestuursentrum het die publiek mislei toe hul nie amptelik bek-en-klouseer, die waterkrisis en onlangse vloede tot nasionale rampe verklaar het nie. Die organisasie doen 'n beroep op die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, om hierdie rampe dringend te verklaar sodat noodbefondsing en…
Agt van die nege skiërs wat vermis was ná Dinsdag se sneeustorting naby Lake Tahoe in Kalifornië, is dood gevind. Een skiër word steeds vermis en is vermoedelik dood. Hulle was deel van ʼn groep van 15 op ʼn driedaagse uitstappie in Kalifornië se Sierra Nevada-berge. Ses mense wat verskeie…
Die Namibiese Revolusionêre Vervoer en Vervaardigingsvakbond, Naretu, is deur die regsverteenwoordigers van Namib Poultry Industries aangesê om sy uitsprake oor die maatskappy te staak. Hulle sê dat Naretu valslik beweer dat die maatskappy rassistiese indiensnemingspraktyke gebruik, wit werknemers bevoordeel en op wit oppergesag gebou is. Dit is na bewering op…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.