Amerikaanse belegging in mineralesektor kan goeie bydrae lewer

Loading player...
Namate die VSA sy strategiese belang in Namibië se mineralesektor vergroot, kom daar vrae oor of die land die regte transaksies sluit. Politieke ontleder professor Johan Coetzee waarsku dat Namibië, met die meeste uraanmyne onder Chinese beheer, die risiko loop om die volle waarde van sy enorme hulpbronne mis te loop. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat sorgvuldig gestruktureerde Amerikaanse belegging die mededinging en kundigheid kan bring wat nodig is om die balans te verskuif.
17 Feb 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toename in gesondheid-opleidingsentrums onder die loep

Konsultasies met belanghebbendes oor die mosie om die ongekontroleerde toename in opleidingsentrums in gesondheid, veral verpleging te ondersoek, vind by die parlement plaas. Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor onderwys, jeug, burgerlike betrekkinge en gemeenskapsontwikkeling, Maralyn Mbakera, verduidelik watter aspekte alles ondersoek sal word.
3 Jul 8AM 1 min

MK-party het onrus teen migrante gesaai: ANC

Die ANC sê die MK-party se retoriek voor Dinsdag se protesoptogte teen ongedokumenteerde migrante, het onrus en verdeeldheid aangemoedig. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het aan die media gesê MK het anti-immigrante-sentiment aangevuur en beklemtoon dat immigrasiewette deur middel van protesoptogte of vergelding afgedwing moet word. Mbalula het…
3 Jul 8AM 1 min

Gauteng vat sy huise terug van plakkers

Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê hulle sal begin om mense wat onwettig staatsbefondsde huise beset, uit te sit nadat hofbevele verkry is. Die huise sal teruggeëis word, waar nodig opgeknap word, en teruggegee word aan kwalifiserende begunstigdes wat al jare lank op behuising wag. Tahir Sema van die…
3 Jul 6AM 1 min

Zelensky bewys aan Rusland dat oorwinning nie 'n uitgemaakte saak is nie

Die Britse verdedigingsanalis, professor Michael Clarke sê dat die Oekraïne groot winste maak in sy oorlog teen Rusland. Met die afgelope weke se aanvalle diep in Rusland en veral op olie-infrastruktuur, is die Oekraïne, in sy mening, besig om te bewys dat dit nie onvermydelik is dat hulle die oorlog…
3 Jul 6AM 1 min

Fyn balans tussen topklas- en voetsoolvlak sportfasiliteite

Die regering is steeds besig om die Onafhanklikheidstadion op te knap om te voldoen aan internasionale standaarde in beide atletiek en sokker. Die kwessie was ook in die nuus met die reuse-konsultasiefooie wat betaal word. Kosmos 94.1 Nuus het intussen met sportkommentator Isack Hamata gepraat oor hoe die regering 'n…
3 Jul 6AM 1 min