
SA werkloosheid daal tot 31,4% in laaste kwartaal 2025
Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê die werkloosheidsyfer het effens gedaal tot 31,4-persent in die laaste kwartaal van verlede jaar. Die kwartaallikse arbeidsmagopname toon 44 000 meer mense het werk gekry, met 172 000 minder wat werkloos is. Die aantal ontmoedigde werksoekers het egter met 233 000 toegeneem. Dihlolelo Phoshoko van Statistieke SA sê die Wes-Kaap het die meeste nuwe werksgeleenthede aangeteken, en Gauteng toon die grootste verliese:

