
Arbeidskenner trek NamRA-werwingsproses uitmekaar
Loading player...
Reaksie word ontvang oor NamRA-kommissaris Sam Shivute se uitlating dat hy "gelei was deur God" gedurende 'n nou omstrede werwingsproses. Dit volg op 'n verslag van die Ombudsman se kantoor wat in die parlement ter tafel gelê is en bevind het dat NamRA se werwingsproses van 18 assistent belastingbeamptes in 2023 onbillik was. Die agentskap het onder andere die vereistes vir die pos verander nadat onderhoude reeds afgehandel was. Die verslag het bevind dat arbeidswette en die agentskap se eie werwingsbeleid oortree is. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by arbeidskenner, Herbert Jauch gekry.

