
Oud-Air Namibia werkers by appèl in hooggeregshof
Loading player...
Die voormalige werkers van Air Namibia is vandag in die hooggeregshof na die likwidateurs appèl aangeteken teen ‘n hoërhofuitspraak in Augustus 2024 dat die werkers se volledige pakkette uitbetaal moet word. Kosmos 94.1 Nuus se hofkorrespondent is op die toneel en het met Renier Bougaard, die werkers se woordvoerder gepraat. Hy sê een werker het al 'n volledige uitbetaling gekry en daarvolgens beken die likwidateurs hulle verantwoordelikheid.

