
Toesig, verantwoordbaarheid kritiek - kenner
Loading player...
Die skorsing van twee senior bestuurders by TransNamib het opnuut ernstige kommer oor die bestuur van die staatsbeheerde spoorwegoperateur laat ontstaan. Jare van verkrygingsonreëlmatighede, finansiële verliese en swak beheermaatreëls het hulpbronne dreineer wat bedoel was om die ekonomie te laat groei. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die bestuurskenner Pius Dunaiski gesê die krisis by TransNamib is institusioneel, nie tegnies nie, en gewaarsku dat sonder sterker toesig, deursigtigheid en verantwoordbaarheid, die breër ekonomie steeds die prys betaal.

