
Namibië, Botswana moet grenskwessies aanspreek
Loading player...
Gemengde reaksies volg op voormalige Botswana-president Mokgweetsi Masisi wat om verskoning gevra het vir die moord op die Nchindo-broers en hul neef op die Chobe-rivier in 2020 deur lede van die Botswana weermag. Geaffekteerde gemeenskappe sê die gebaar slaag nie en doen 'n beroep op dringende gesprekke tussen Namibië en Botswana oor beweerde "skiet-om-te-dood"-voorvalle langs die gemeenskaplike grens in die Zambezi-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gepraat wat sê die tyd het aangebreek vir beide regerings om gesamentlik met grensgemeenskappe te skakel en hul bekommernisse direk aan te spreek.

