
Trump soek steeds diplomatieke oplossing met Iran
Loading player...
Die Amerikaanse gesant Steve Witkoff is op pad na Genève vir ‘n tweede ronde samesprekings môre met Iran. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Marco Rubio sê aan die media dat president Donald Trump diplomasie oor oorlog verkies en verduidelik ook die groot ontplooiing van gewapende magte in die gebied.

