NNN vra vir water, sanitasie insette

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Afrika-lande aangespoor om in volhoubare waterbronne en sanitasie te belê. Sy het tydens die 39ste Afrika-Unie-beraad in Addis Abeba beklemtoon dat sanitasie waardigheid, goeie gesondheid en 'n beter lewensgehalte verseker. Die staatshoof waarsku dat waterskaarste migrasie en konflikte aanwakker. Nandi-Ndaitwah het plaaslike weidingsgeskille as voorbeeld genoem en dringende belegging in water- en sanitasieprogramme aangemoedig:
16 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swaar reën saai chaos oor Mariental

Skade wat deur naweekbuie op Mariental veroorsaak is, het gelei het tot daklekkasies en matige oorstromings in dele van die dorp, insluitend die staatshospitaal op die dorp. Water het deur die plafon in die ontvangsarea gesypel, wat hospitaalpersoneel gedwing het om emmers te plaas om die druppende water te beperk,…
16 Feb 2AM 1 min

Tongaat Hulett het nie oor bestuur misluk nie - vakbond

Die vakbond GIWUSA sê Tongaat Hulett se moontlike likwidasie het skokgolwe deur die hele suikerrietverwerking-ekostelsel gestuur. Die suikervervaardiger se sakereddingpraktisyns het die Hooggeregshof genader oor die maatskappy se voorlopige likwidasie. Die maatskappy is die eerste keer in sakeredding geplaas ná ʼn rampspoedige terugslag in 2019 weens ʼn bedrogskandaal. GIWUSA-president Mametlwe…
16 Feb 2AM 1 min

Kaapse Epstein-slagoffer praat

Die Suid-Afrikaanse slagoffer van Jeffrey Epstein, Juliette Bryant, het die ontslape veroordeelde seksoortreder as 'n meesterbrein en hoogs manipulerend beskryf. Sy is in 2002 deur Epstein in Kaapstad gewerf as 'n 20-jarige eerstejaar-universiteitstudent en aspirant-model. Sy sê hy het haar verskeie kere tussen 2002 en 2004 op sy privaat eiland…
16 Feb 1AM 1 min

Trump soek steeds diplomatieke oplossing met Iran

Die Amerikaanse gesant Steve Witkoff is op pad na Genève vir ‘n tweede ronde samesprekings môre met Iran. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Marco Rubio sê aan die media dat president Donald Trump diplomasie oor oorlog verkies en verduidelik ook die groot ontplooiing van gewapende magte in die gebied.
16 Feb 1AM 1 min

Steenhuisen sê BKS inenting sal versnel word

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die regering sal die verspreiding van bek-en-klouseer-entstof versnel om die uitbreking te bekamp en biosekerheid te verskerp om vee en boere te beskerm. Die regering sê hy wil die hele nasionale kudde van 14-miljoen inent waarvoor hy ongeveer 28-miljoen entstofdosisse nodig het. Steenhuisen…
16 Feb 12AM 1 min