
AgriSA waarsku oor sentralisering van BKS-entstof
Loading player...
AgriSA se uitvoerende hoof, Johann Kotzé, sê die huidige bek-en-klouseer-uitbreking is 'n ernstige bedreiging vir biosekerheid en plaas boere onder finansiële druk. Hy verwelkom die rampverklaring, maar beklemtoon die sentralisering van entstowwe moet doeltreffende optrede meebring. Kotzé het dringende korttermynmaatreëls uiteengesit, insluitend om entstowwe uit Argentinië, Turkye en Botswana in te voer, privaat veeartse te betrek en nasionale inenting te belyn ten einde die uitbreking te beperk en vee in alle provinsies te beskerm:

