
Waghond soek insette oor vulstasie-oornames
Loading player...
Die Namibiese Mededingingskommissie doen 'n beroep op brandstofkleinhandelaars, bedryfsrolspelers en lede van die publiek om hul mening te gee oor Nasan Energies se voorgestelde oorname van 52 Vivo Energy-vulstasies, wat as Engen handel dryf. 'n Openbare konsultasie sal komende Dinsdag van half-nege die oggend by die Avani Hotel in Windhoek gehou word. Die kommissie se woordvoerder, Dina //Gowases, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die sessie gee belanghebbendes nog 'n geleentheid om insette te lewer voordat 'n finale besluit oor die samesmelting geneem word.

