
BKS-rampstatus in SA beteken nie Namibië kan op hul louere rus nie
Loading player...
President Cyril Ramaphosa se verklaring van bek-en-klouseer as nasionale ramp tydens sy staatsrede Donderdagaand is goeie nuus vir Namibië, want dit beteken Suid-Afrika gaan die siekte nou met mag en mening beveg, sê plaaslike landboukenner Wallie Roux. Maar dit beteken geensins Namibië kan laat slaplê nie, het Roux in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê.

