
Ramaphosa gaan nasionale waterkrisiskomitee stig
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê hy gaan 'n Nasionale Waterkrisiskomitee stig, en as voorsiter optree, om die land se wateruitdagings aan te pak. Dele van Gauteng ervaar watertekorte, wat tot 'n aantal betogings gelei het. Die regering het 156 miljard rand in openbare befondsing oor die volgende drie jaar bewillig vir water, sanitasie en infrastruktuur. Ramaphosa het in sy staatsrede gisteraand aangekondig dat die regering in die finale fase is van die stigting van 'n nasionale agentskap vir waterhulpbroninfrastruktuur:

