Normale tot bo-normale reënval tot April verwag

Loading player...
Die Windhoek weerkantoor het sy nuutste klimaatbulletin vrygestel. Die reënvoorspelling vir Februarie tot April is ook uiteengesit. Kosmos 94.1 Nuus het met Helvi Akwenye, die weerkantoor se hoof-hidroloog gepraat, wat meer inligting gee.
11 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polisie sál regsamptenare beskerm, sê Shikongo

Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het tydens die gedenkdiens van wyle aanklaer Justine Shiweda die naweek opnuut die belangrikheid van regsamptenare se veiligheid beklemtoon. Shiweda het verlede naweek in ‘n hospitaal in Windhoek beswyk aan wonde wat sy tydens ‘n aanval in Oktober opgedoen het. Shikongo…
15 Feb 4AM 1 min

SA 'diep bekommerd' oor konflik is Afrika, sê Ramaphosa by AU

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is diep bekommerd oor toenemende konflik en onbestendigheid op die vasteland. Ramaphosa het Afrika-leiers by die Afrika-Unie toegespreek en sy verbintenis tot Agenda 2063 herbevestig. Hy bepleit dringende politieke betrokkenheid wat weens ongrondwetlike regeringsveranderings in sekere lande verbied is. Ramaphosa versoek wapenstilstande en inklusiewe dialoog…
15 Feb 4AM 1 min

Deposantewaarborgskema jaar bateteiken van N$100m

Die Namibiese Deposantewaarborgskema (NDGA) het 'n teiken gestel om sy bates onder bestuur teen 2028 tot 100 miljoen Namibiese dollar te laat groei, met die doel om die veiligheidsnet vir bankdeposante te versterk. Die skema, wat gestig is in die nasleep van die 2018 KMO-bankskandaal – wat duisende Namibiërs nie…
15 Feb 3AM 1 min

Bek-en-klou: Drakenstein in Wes-Kaap onder kwarantyn

Die Drakenstein-munisipaliteit is onder veeartsenykundige kwarantyn geplaas ná bevestiging van bek-en-klouseer in die Vlakkeland, Paarl-gebied. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ilse Schoombee, sê alle diere met gesplete hoewe word as moontlik besmet beskou en die beweging van vee, voer, toerusting of karkasse is verbode tensy 'n spesiale permit deur 'n staatsveearts…
15 Feb 1AM 1 min

Amerika 'kind van Europa', sê Rubio

Die minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Saterdag in 'n boodskap oor eenheid, na Amerika verwys as die "kind van Europa". Rubio het by die jaarlikse Veiligheidskonferensie in München gepraat, waar Europese nasies hul eie onafhanklikheid wil bevorder maar 'n vennootskap met Amerika probeer handhaaf. Die president van die…
15 Feb 1AM 1 min