Hitte, Hormone en Hoofopskrifte

Loading player...
Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte.

Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die nuus is wat almal so laat sweet.

Wat gaan Cupcake in sy Staatsrede sê ná die G20? Gaan dit weer groot beloftes wees?

Ons kyk terug na verlede jaar se SONA en vra, hoe het 'Onse Cyril' gevaar? Die waterkrisis, veral in Gauteng, raak al hoe minder ’n waarskuwing en al hoe meer ’n realiteit. Die Nasionale Gesondheidsversekering klink steeds soos ’n plan wat meer papier as praktyk het. En die Transformasiefonds? Dis daai fonds wat glo almal moet help… net nie almal nie.

John Steenhuisen hang sy bokshandskoene op. Wie klim nou in die ring? Wie skuif op in die top-posisies? En wie sit stil en hoop niemand vra moeilike vrae nie?

Intussen bly Gayton besig met alles wat nie dringend is nie en speel "Naam, Dier, Dorp", en die storie van Vermiste Tannie Mariana laat ’n mens ongemaklik rondkyk. Want in Suid-Afrika raak feite soms verdag en gerugte loop vinniger as water deur ’n stukkende pyp. En ja, lus is ’n lelike ding.

En tussen al die hitte, hormone en hoofopskrifte deur herinner ons onsself: krane kan droogloop, leiers kan skuif, maar die hoop… die hoop beskaam nie.

Dis hitte. Dis hormone. Dis leierskap wat skuif, krane wat droogloop maar die hoop beskaam nie!

Dis Suid-Afrika soos hy nou is. Dis KLETS.
11 Feb Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min