R100m vir entstowwe teen bek-en-klou in Wes-Kaap

Loading player...
Die Wes-Kaapse regering het 100 miljoen rand opsy gesit om genoeg entstofdosisse te verkry om vee te beskerm midde die bek-en-klouseer-uitbreking. Die provinsie het voltydse grensbeheer en omvattende maatreëls ingestel ná 'n bevestigde uitbreking in die Wellington-gebied. Die Wes-Kaap is na bewering nie geoormerk om van die eerste besending van 12 000 plaaslik vervaardigde entstowwe te ontvang nie. Premier Alan Winde sê 'n 21-punt-plan word dringend ingestel om die siekte te bestry:
9 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Pretoria gasheer vir eerste Simbine Classic

Die eerste Simbine Classic wat vandag op die Pilditch-stadion in Pretoria begin, is die land se eerste Wêreldatletiek-vastelandse silwerbyeenkoms. Die Suid-Afrikaanse naelloper, Akani Simbine, sê dit gee plaaslike atlete kans om ranglyspunte te verdien en tuis met die res van die wêreld mee te ding. Hy het teenoor SABC News…
28 Apr 1AM 1 min

Verdagte in skietery by Withuis-dinee aangekla

Die verdagte in die skietery by die Withuis-korrespondente-dinee, Cole Tomas Allen, het drie federale aanklagte teen hom. Die 31-jarige Allen het gister in Washington in die hof verskyn. Aanklaers sê hy het ʼn semi-outomatiese wapen, ʼn pompaksie-haelgeweer en drie messe by hom gehad en het alleen opgetree. Die waarnemende prokureur-generaal,…
28 Apr 1AM 1 min

Die vyfde RMB Backyard Ultra sal op 18 Julie weer op Uis plaasvind.

Die vyfde RMB Backyard Ultra sal op 18 Julie weer op Uis plaasvind. Die gewilde ultra-marathon waar atlete 6 706 meter elke uur moet voltooi en die laaste man en vrou wat staan, wen. Inskrywings het reeds gesluit maar daar is nog plek in die “fun run”-kategorie. Riana Scholtz van Namibia Ultra Trails wat die Backyard Ultra reël het meer. 
28 Apr 1AM 1 min

Kreeffees skop vandag op Lüderitz af

Die Lüderitz Kreeffees begin vandag en duur tot Sondag, terwyl visepresident Lucia Witbooi die amptelike opening Vrydag sal behartig. Victoria de Klerk, voorsitter van die Lüderitz Kreeffees Trust se bestuurskomitee, sê dat hulle kreefverkopers weer sal subsidieer. Die trust betaal tot 2 600 Namibiese dollar per houer, en vanjaar verkoop…
28 Apr 1AM 1 min

Wet op verbruikerskrediet het twee groot gapings

Die langverwagte Verbruikerskredietwetsontwerp sal na verwagting teen September of Oktober vanjaar weer by die finansminister ingedien word, na afloop van 'n finale ronde van belanghebberkonsultasies. Die wetgewing sal dan deur die normale parlementêre proses gaan voordat dit as wetgewing uitgevaardig kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met verbruikersregte-aktivis Milton Louw…
28 Apr 12AM 1 min