Burundi het op die Afrika-Unie se 39ste beraad in Addis Abeba, die voorsitterskap vir 2026 oorgeneem. Burundi se president, Évariste Ndayishimiye, volg João Lourenço van Angola op. Ghana se president, John Dramani Mahama, is tot eerste ondervoorsitter verkies. Ndayishimiye het toegewyde diens aan Afrika met sy uiteenlopendheid belowe asook as…
Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het tydens die gedenkdiens van wyle aanklaer Justine Shiweda die naweek opnuut die belangrikheid van regsamptenare se veiligheid beklemtoon. Shiweda het verlede naweek in ‘n hospitaal in Windhoek beswyk aan wonde wat sy tydens ‘n aanval in Oktober opgedoen het. Shikongo…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is diep bekommerd oor toenemende konflik en onbestendigheid op die vasteland. Ramaphosa het Afrika-leiers by die Afrika-Unie toegespreek en sy verbintenis tot Agenda 2063 herbevestig. Hy bepleit dringende politieke betrokkenheid wat weens ongrondwetlike regeringsveranderings in sekere lande verbied is. Ramaphosa versoek wapenstilstande en inklusiewe dialoog…
Die Namibiese Deposantewaarborgskema (NDGA) het 'n teiken gestel om sy bates onder bestuur teen 2028 tot 100 miljoen Namibiese dollar te laat groei, met die doel om die veiligheidsnet vir bankdeposante te versterk. Die skema, wat gestig is in die nasleep van die 2018 KMO-bankskandaal – wat duisende Namibiërs nie…
Die Drakenstein-munisipaliteit is onder veeartsenykundige kwarantyn geplaas ná bevestiging van bek-en-klouseer in die Vlakkeland, Paarl-gebied. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ilse Schoombee, sê alle diere met gesplete hoewe word as moontlik besmet beskou en die beweging van vee, voer, toerusting of karkasse is verbode tensy 'n spesiale permit deur 'n staatsveearts…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.